Afrikaans Bible

PSALMS 3

PSALMS

Return to Index

Chapter 4

1

 

  Vir die musiekleier; met snaarinstrumente. 'n Psalm van Dawid. 

 

 


2

 

  As ek roep, verhoor my, o God van my geregtigheid! In benoudheid het U vir my ruimte gemaak; wees my genadig, en hoor my gebed! 

 

 


3

 

  o Manne, hoe lank sal my eer tot skande wees? Hoe lank sal julle die nietigheid liefhê, die leuen soek? Sela. 

 

 


4

 

  Weet tog dat die HERE vir Hom 'n gunsgenoot afgesonder het; die HERE hoor as ek Hom aanroep. 

 

 


5

 

  Sidder, en moenie sondig nie; spreek in julle hart op julle bed, en wees stil. Sela. 

 

 


6

 

  Offer offerandes van geregtigheid en vertrou op die HERE. 

 

 


7

 

  Baie sê: Wie sal ons die goeie laat sien? Verhef oor ons die lig van u aangesig, o HERE! 

 

 


8

 

  Groter vreugde het U in my hart gegee as wanneer hulle koring en hulle mos oorvloedig is. [ (Psalms 4:9) Ek wil in vrede gaan lê en meteens aan die slaap raak; want U, o HERE, alleen laat my in veiligheid woon. ] 

 

 


PSALMS 5

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: