Afrikaans Bible

PSALMS 11

PSALMS

Return to Index

Chapter 12

1

 

  Vir die musiekleier; met basstem. 'n Psalm van Dawid. 

 

 


2

 

    

 

 


3

 

  Hulle praat leuens, die een met die ander; met vleiende lippe spreek hulle dubbelhartig. 

 

 


4

 

  Mag die HERE al die vleiende lippe uitroei, die tong wat grootpraat, 

 

 


5

 

  hulle wat sê: Met ons tong is ons sterk; ons lippe is met ons! Wie is heer oor ons? 

 

 


6

 

  Oor die verdrukking van die ellendiges, oor die gesug van die behoeftiges sal Ek nou opstaan, sê die HERE; Ek sal hom in veiligheid stel wat daarna smag. 

 

 


7

 

  Die woorde van die HERE is rein woorde, silwer wat gelouter is in 'n smeltkroes in die aarde, gesuiwer sewe maal. 

 

 


8

 

  U, o HERE, sal hulle bewaar; U sal ons bewaar van hierdie geslag vir ewig. [ (Psalms 12:9) Die goddelose draf rond as laagheid die oorhand kry by die mensekinders. ] 

 

 


PSALMS 13

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: