Afrikaans Bible

PSALMS 125

PSALMS

Return to Index

Chapter 126

1

 

  'n Bedevaartslied. Toe die HERE die lot van Sion verander het, was ons soos die wat droom. 

 

 


2

 

  Toe is ons mond gevul met gelag en ons tong met gejubel; toe het hulle onder die heidene gesĂȘ: Die HERE het groot dinge aan hierdie mense gedoen. 

 

 


3

 

  Die HERE het groot dinge aan ons gedoen: ons was bly! 

 

 


4

 

  o HERE, verander ons lot soos waterstrome in die Suidland. 

 

 


5

 

  Die wat met trane saai, sal met gejubel maai. 

 

 


6

 

  Hy loop aldeur en ween en dra die saadkoring; hy sal sekerlik kom met gejubel en sy gerwe dra. 

 

 


PSALMS 127

 

 

 

 

HTMLBible Software - Public Domain Software by johnhurt.com

 


Other Items are Available At These Sites: